Menlovaria
Menlovaria – ‘n skatkis van kultuurtalent
Menlovaria is die skool se unieke kultuurfees en ‘n viering van ons leerders se diverse talente. Die wye verskeidenheid kategorieë bied aan elke Menloparker ‘n geleentheid om in Menlo se kultuurhartklop te deel, terwyl daar gesellig om potjiekosvure gekuier word. Die hoogtepunt is die Menlovaria-wennerskonsert – ’n tradisie van ses dekades wat destyds as ’n interne kunswedstryd begin het. Vandag is dit steeds ’n vertoonvenster van die skool se ryke versameling kultuurhoogtepunte.
Kontakpersoon
Me. Holly Vorster
holly.vorster@menlopark.co.za
DIE HOËRSKOOL MENLOPARK