Toestemming en Persoonlike Inligting
Ek/ons, die wettige ouer(s)/voog(de) van .................................................. gee hiermee aan die skool toestemming om:
- My/ons persoonlike inligting wat ingevolge die bepalings van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet nr. 4 van 2013) wat deur die skool ingesamel, verwerk en gestoor word, slegs vir doeleindes wat met die bestuur en funksionering van die skool verband hou, soos deur die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet nr. 84 van 1996) voorgeskryf word, te gebruik.
- My/ons kind, .................................................. se persoonlike inligting, insluitend sy/haar akademiese rekord, skoolbywoning en ander skoolverwante inligting, wat ingevolge die bepalings van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet nr. 4 van 2013) wat deur die skool ingesamel, verwerk en gestoor word, slegs vir doeleindes wat met die registrasie van my kind en funksionering van die skool verband hou, soos deur die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet nr. 84 van 1996) voorgeskryf word, te gebruik.
- Indien nodig, by enige relevante kredietburo navraag te doen om die inhoud van hierdie dokument te verifieer.
- Die persoonlike inligting wat die skool ingesamel, verwerk en gestoor het aan die skool se regsverteenwoordigers te oorhandig indien ek/ons in gebreke bly om skoolrekeninge te vereffen.
- Ons verleen verder toestemming aan Die Hoërskool Menlopark om:
- My/ons kind se naam, foto en prestasies vir bemarkingsdoeleindes, soos deur die skool bepaal, in die volgende media te publiseer: Die Menlo-Insig, die skool se webblad, die skool se brosjure, advertensies, koerante en die skool se sosiale mediaplatforms (Facebook en Instagram).
- My/ons kind op ’n WhatsApp-groep (registerklasgroep, sport-, kultuur- of akademiese groep) te plaas en op die TEAMS-platform in te sluit.
- Die sport-, kultuur- of akademiese geleenthede waarby my/ons kind betrokke is, uit te saai (livestream).
- Ek/ons bevestig dat ek/ons deur die skool ingelig is dat ons persoonlike inligting in ooreenstemming met die skool se POPI-beleid hanteer sal word soos uiteengesit in die beleid wat op die webtuiste beskikbaar is.
- Ons verstaan en bevestig hiermee dat enige verandering van my/ons persoonlike inligting sonder versuim aan die skool deurgegee sal word om die skool in staat te stel om hulle stelsels, ter wille van die behoorlike funksionering van die skool, voortdurend op datum te bring.